Calendar

Sunday, June 22, 2008

Night with Randall Wicomb

Randall Wicomb is ‘n ou bekende Afrikaanse sanger. Liedjie soos die Rooi Rok en die Wit broek ken elke Afrikaans sprekende Suid Afrikaner, want dit het hom bekend gemaak.

Vrydag het ons gemeente Monumentparkpark-Wes ‘n “Randall Wicomb aand” gehou. Ek en Helgard het by tafel nr3, links voor kaartjies vir ons bespreek. ‘n Piekniek mandjie en ‘n bottle wyn is ingepak vir die vertoning wat om 7uur begin.

Ek en Helgard was bietjie laat aangesien ons eers na Lyttleton-Oos kersksaal moes soek. Ek dink ons het by elke kerk in Lyttleton gestop voor ons by Lyttleton –Oos gestop het.

Dit is altyd lekker om ‘n bekende te “google”, so ‘n paar sinne oor Randal Wicomb.

IMG_0336

Randal Charles Wicomb is amper 60, hy is gebore in die Kaapstad op 30/01/1949.

Hy is pa van 1 seun en 2 dogters. Hy het ‘n B.Sc (Hons) asook ‘n onderwys diploma. In sy vrye tyd is hy ‘n koppersmit en doen hy pottry, hy gym ook graag.

Buiten die Rooi Rok het hy bekend geraak vir die Griekwa Psalms. Ek wens ek kon die hele geskiedeniss weergee soos wat hy dit vertel het, eksentriek is hy verseker so ek gaan nie eers probeer nie.

Hans du Plessis het die tekste van die Griekwa Psalms geskryf en Randall het die verwerking op sy eie unkieke manier gedoen. Randall het ‘n baie sterk aanvoeling vir die Griekwa-kultuur en daarom is die uitbeeling tydens die vertoning iets unieks.

Helgard het die CD en VCD getiteld “Innie skylte vannie Jirre” gekoop. So saam met die kopery kan met ‘n foto neem.

(Randall Wicomb het my darem vertel hoe mooi ek is, was natuurlik daardie oommblik weer op ‘n “high”. OK-ok, ek weet dat alle kunstenaar dieselfde is, vertel jou altyd hoe mooi jou hare en oë net sodat jy nog ‘n CD kan koop, maar dis altyd lekker om te hoor)

No comments: