Calendar

Friday, August 25, 2006

Cheryl 21 birthday

Cheryl my niggie het besluit om 21 te word, en maar die grootmens lewe trompop te loop. Haar ma Ariette het dit goed gedink om die hele familie na die verjaardag parytjie te nooi, voorwaar ‘n goeie idée. Ek is geva om ‘n paar fotos te neem, en dit is eintlik baie lekker want dan het mens weer iets waarna jy kan kyk en aan almal te dink.

Soos dit nou maar gaan in die lewe was daar ‘n paar gesigte minder die jaar en as ek so na die famielie foto kyk mis ek hulle nogal, hulle sou die partytjie ook geniet het. Daar is ‘n nuwe gesig of twee wat begin kuier of wat besig is om ernstig te kuier, en dis ook goed om te sien. Ons moet maar werk om die kringetjie groter te maak.

IMG_8134

Die party was nou regtig lekker, die DJ ken sy storie en daar was heeltyd iemand besig om lyf te ruk. Ons het lekker ge-eet en gekuier, ag man dit was net sommer lekker.

Een voordeel van so ‘n party waar mens in slaap is dat jy kan gaan slaap as jy wil, so teen 1h00 in die oggend is mens maar flou. Een nadeel van so party waar mens in slaap is dat die pary nie ophou as jy gaan slaap nie, so teen 3h00 was die dansbaan nog lekker aan die gang. Ek is bly ek was nie die DJ nie, want Rudie het hom streng opdrag gegee dat hy sal besluit wanneer die musiek stop, en Rudie het nie genade nie. :-)

Ons moet verskoning vra dat ons so in kortbroek en plakkies kom party hou het, toe ons uit Pretoria weg is was dit winter en ons het langbroeke en lang hemde ingepak, op die party was dit somer en ons moes maar die laaste skoon klere na ons Eland vakansie aantrek.

Ek dink die was een verjaardag wat Cheryl nog lank gaan onthou. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

Ek het baie fotos geneem, Ariette het al die fotos laat ontwikkel maar as jy ‘n CD wil he laat my weet.

No comments: